Tag Archives: Emily Hobhouse

Erfenismaandfokus – Doopname geïnspireer deur ABO

Op 9 September 1903 skryf Emily Hobhouse ’n brief aan haar skoonsuster en verwys na die doopgeleentheid wat sy bygewoon het. Die seuntjie is gedoop as “Lemmer Gravett Spruyt” ter ere aan drie Boeregeneraals (genls. H.R. Lemmer, Gert Gravett en C.J. Spruyt) wat tydens die Anglo-Boereoorlog gesterf het. In Dae uit ons geskiedenis word ook […]

27 Oktober 1926 – Emily Hobhouse roudiens gehou

Die sogenaamde “Engel uit die vreemde” – die Britse kampvegter vir die saak van Boerevroue- en kinders in die konsentrasiekampe van die Anglo-Boereoorlog – Emily Hobhouse, is op 8 Junie 1926 in Engeland oorlede. ’n Roudiens is op 27 Oktober daardie jaar vanuit die Tweetoringkerk in Bloemfontein vir haar gehou. Die diens is deur ds. […]

2 September 1900 – lord Roberts verklaar verskroeideaardebeleid

Op 2 September 1900 stuur lord Roberts ’n brief aan genl. Louis Botha. Hierin voer Roberts onder meer aan dat daar geen “properly organised Boer armies” in die Transvaal of die Vrystaat oor is nie en dat die oorlog nou slegs tot guerrilla-aanvalle verval het. Roberts meen dat dié tipe oorlogvoering nadelig vir die land […]

Rebellie van 1914 – Dagboek: 8 Augustus 1914

Op 8 Augustus 1914 skryf Emily Hobhouse ’n brief aan genl. Jan Smuts en smeek dat Suid-Afrika nie by die oorlog (wat pas in Europa uitgebreek het) betrokke raak nie. Sy skryf: “For pity’s sake don’t let South Africa be dragged in.” Die Unieregering het in hierdie stadium egter reeds aangedui dat troepe uit Suid-Afrika […]

Historiese foto – Nasionale Vrouemonument

Die vrouebeeldegroep aan die voet van die Nasionale Vrouemonument in Bloemfontein. Dit is die toneel wat Emily Hobhouse by die Springfontein-konsentrasiekamp gesien het waar ’n vrou met ’n sterwende kind op haar skoot gesit het en niks kon doen om die kind se lewe te red nie. Die beeldhouer Anton van Wouw het bykans twee […]