Tag Archives: Flip Buys

[Ep.16] HOOFSTUK 23 – Bevolkingsriviere

Natuurlik het mense nie ’n ander keuse as om meer staatsbestand te word en hulself teen die gevolge van demografiese veranderinge te probeer verskans nie. Uiteindelik is demografiese oplossings die enigste blywende antwoord vir demografiese omwentelings. Luister hieronder na Hoofstuk 23 van die boek, Die pad na selfbestuur: Anderkant die mislukking van staatsbestuur, deur Flip […]

[Ep.15] HOOFSTUK 22 – Vrystede as model vir groeiende selfbestuur

Wat gebeur in die praktyk in Suid-Afrika? Flip Buys vra hierdie vraag en wys daarop dat namate die gesentraliseerde politieke stelsel misluk, die bevolking self federale, oftewel gedesentraliseerde, oplossings in werking stel. Luister hieronder na Hoofstuk 22 van die boek, Die pad na selfbestuur: Anderkant die mislukking van staatsbestuur, deur Flip Buys. Hierdie is die […]

Aanhaling van die week – 19 Julie 2021: Flip Buys

“Die landwye verval van die een na die ander staatsinstelling spruit uit die ANC se oorweldigende politieke mag waarmee hulle ’n onwerkbare gesentraliseerde staat met ’n ewe onwerkbare uitgediende ideologie probeer bedryf. Hierdie voortdurende politieke stryd teen die werklikheid verwoes die een na die ander instelling soos ’n tsoenami wat onkeerbaar oor die land spoel.” […]

[Ep.14] HOOFSTUK 21 – Skotland en ’n Afrikanervrystad

Die omstandighede in die land laat almal na oplossings soek. Die feit dat die Grondwet ruimte vir selfbeskikking laat, laat ook die vraag ontstaan of dit ooit deel van ’n oplossing vir Afrikaners kan wees. Luister hieronder na Hoofstuk 21 van die boek, Die pad na selfbestuur: Anderkant die mislukking van staatsbestuur, deur Flip Buys. […]

[Ep.13] HOOFSTUK 20 – Groeiende selfbestuur as alternatief vir staatsbestuur én selfbeskikking

Daar is ’n groeiende besef dat die hedendaagse Suid-Afrikaanse bedeling in sy huidige vorm nie volhoubaar is nie. Toenemende internasionale bewegings vir groter outonomie het ook die vraag oor die toepaslikheid van groter selfbestuur vir gemeenskappe soos Afrikaners in Suid-Afrika weer na vore gebring. Kom luister wat Flip Buys hieroor sê. Luister hieronder na Hoofstuk […]