Tag Archives: G.R. von Wielligh

11 Januarie 1887 – F.W. Reitz verkies as vyfde OVS president

Op 11 Januarie 1887, vandag 134 jaar gelede, is F.W. Reitz verkies as die vyfde president van die Oranje-Vrystaat. Volgens ’n studie deur S.M. Botes oor die Vrystaatse hoofstad gedurende die Reitz-tydperk (1887-1895), het Bloemfontein gedurende Reitz se tyd as president vinnig ontwikkel. “Teen die einde van die Reitz-tydperk was Bloemfontein ’n vooruitstrewende dorp met […]

5 Oktober 1844 – F.W. Reitz op Swellendam gebore

Op 5 Oktober 1844, vandag 176 jaar gelede, is F.W. Reitz op Swellendam gebore. Reitz het gedurende sy lewe verskeie prominente ampte in die Kaap, Vrystaat, ZAR en uiteindelik die Unie van Suid-Afrika beklee as onder meer eerste hoofregter (1874-1888) en vyfde president van die OVS en regter en staatsekretaris van die ZAR (1898-1902). Reitz […]

14 Augustus 1875 – AFRIKAANSE TAALDAG

AFRIKAANSE TAALDAG: Op 14 Augustus 1875 is die Genootskap van Regte Afrikaners (GRA) in die Paarl gestig. Dit was die eerste amptelike poging om Afrikaans as eie taal te vestig en daarom word dié dag jaarliks as Afrikaanse Taaldag gevier. Die GRA het verskeie aktiewe pogings aangewend om die taal op te bou en onder […]

22 Maart 1896 – Eerste uitgawe van Ons Klyntji

Staan opsy Huisgenoot, Landbouweekblad en Sarie, want die titel van die eerste Afrikaanse tydskrif behoort aan Ons Klyntji! Dié tydskrif het vandag 124 jaar gelede, op 22 Maart 1896, sy eerste verskyning gemaak. S.J. du Toit is as die eerste redakteur aangestel, terwyl ander vername skrywers – soos ds. Jan Lion Cachet en G.R. von […]