Op 18 Januarie 1902 word die 23-jarige kmdt. Gideon Scheepers tydens die Anglo-Boereoorlog op Graaff-Reinet deur ’n vuurpeloton tereggestel. Hy is op ’n stoel vasgebind en geblinddoek vir die teregstelling. Genl. Christiaan de Wet het reeds vroeg in die oorlog Scheepers se leierseienskappe raakgesien, hom bevorder en oor 30 verkenners aangestel. Dagboekinskrywings wat Scheepers gemaak […]
Tag Archives: genl. Christiaan de Wet
Na aanleiding van Manie Maritz se eensydige rebellie, kondig die Suid-Afrikaanse regering op Maandag 12 Oktober 1914 krygswet oor die hele unie af. Maritz het enkele dae tevore – op 9 Oktober – met nagenoeg 600 man by hom tot ’n rebellie oorgegaan. Genl. Christiaan de Wet kom ook op 12 Oktober in Bloemfontein aan. […]
Op 8 September 1914 word die sogenaamde Suid-Afrikaanse Vrykorps in Duitswes-Afrika gestig. Andries de Wet tree as bevelvoerder op en nagenoeg 150 Afrikaners wat in Duitswes woon, sluit by die korps aan. Die historikus Wynand Boshoff skryf hieroor in Afrikanerrebellie, 1914-1915 soos volg: “Twee Afrikaners, neefs van generaal Christiaan de Wet en krygsmakkers van Maritz, […]
Wat het De la Rey op Potchefstroom gedoen? Op 5 September 1914 vertrek genl. Koos de la Rey na Kaapstad om die parlementsitting daar, op versoek van genl. Christiaan de Wet, by te woon. Hy onderbreek sy reis om ’n militêre oefenkamp op Potchefstroom by te woon. Dié kamp is die eerste van sy soort […]