Tag Archives: genl. Koos de la Rey

7 Oktober 1885 – Fanie Eloff is gebore

Fanie Eloff was ’n gesiene Suid-Afrikaanse beeldhouer. Hy is in die Transvaal gebore en was ’n kleinseun van Paul en Gezina Kruger. Een van sy bekendste werke is die borsbeeld van Genl. Koos de la Rey wat onlangs by sy graf in Lichtenburg gesteel is. Na opdrag van die FAK is ‘n replika gemaak en […]

Rebellie van 1914 – Dagboek: 5 September 1914

Wat het De la Rey op Potchefstroom gedoen? Op 5 September 1914 vertrek genl. Koos de la Rey na Kaapstad om die parlementsitting daar, op versoek van genl. Christiaan de Wet, by te woon. Hy onderbreek sy reis om ’n militêre oefenkamp op Potchefstroom by te woon. Dié kamp is die eerste van sy soort […]

Rebellie van 1914 – Dagboek: 15 Augustus 1914

Op Saterdag 15 Augustus 1914 vind genl. Koos de la Rey se verwagte Treurfontein-vergadering plaas. Sy vriend Sammy Marks het hom hierheen vergesel. ’n Paar honderd burgers kom hier byeen – volgens sommige bronne 800 – waarvan skynbaar net een gewapend opgedaag het. De la Rey praat tot die teleurstelling van heelwat van die teenwoordiges […]

Rebellie van 1914 – Dagboek: 14 Augustus 1914

Op 14 Augustus 1914 hou Louis Botha en Jan Smuts ’n vergadering met die stafoffisiere van die Unie se staande mag en die Transvaalse Burgermagkommandante. Smuts lig die offisiere in dat ’n mag vir die verdediging van Suid-Afrika op die been gebring moet word en dat ’n reeks oefenkampe gehou sal word – waarvan die […]

Rebellie van 1914 – Dagboek: 13 Augustus 1914

Op 13 Augustus 1914 – kort nadat die Suid-Afrikaanse Unieregering ingestem het om Brittanje by te staan in die Eerste Wêreldoorlog – vertrek genl. Koos de la Rey na Pretoria vir samesprekings met genls. Jan Smuts, Louis Botha, Schalk Burger en die minister van justisie, N.J. de Wet. Hulle wil De la Rey oortuig om […]