Deur Ilze Nieuwoudt Aan die einde van die Anglo-Boereoorlog in 1902 is uitvoerige vredesonderhandelinge gevoer. Amnestiebepalings is ooreengekom en vrede is op 31 Mei gesluit. Terwyl sommige verbitterd gelaat is deur die republieke se verlies aan onafhanklikheid, het ander ’n sug van verligting geslaak – want die bittere oorlog het oplaas tot ’n einde gekom. […]
Tag Archives: Genl. Louis Botha
Op 2 September 1900 stuur lord Roberts ’n brief aan genl. Louis Botha. Hierin voer Roberts onder meer aan dat daar geen “properly organised Boer armies” in die Transvaal of die Vrystaat oor is nie en dat die oorlog nou slegs tot guerrilla-aanvalle verval het. Roberts meen dat dié tipe oorlogvoering nadelig vir die land […]
Op 27 Augustus 1919 sterf genl. Louis Botha, voormalige eerste minister van die Unie van Suid-Afrika, aan griep op sy plaas Rusthof buite Franschhoek in die ouderdom van 56 jaar. Botha het veral gedurende die Anglo-Boereoorlog uitmuntende krygsmanskuns openbaar en het kmdt.genl. Piet Joubert in 1900 as hoof van die Boeremagte van die ZAR opgevolg. […]
Nadat Brittanje op 4 Augustus 1914 tot die Eerste Wêreldoorlog toegetree het, het genl. Louis Botha die Britse regering in kennis gestel dat die Unie van Suid-Afrika volle verantwoordelikheid vir sy eie verdediging gaan neem en dat imperiale troepe vir oorlogsdiens elders uit Suid-Afrika onttrek kan word. Op 7 Augustus 1914, vandag 106 jaar gelede, […]
Vandag 120 jaar gelede, op 11 Junie 1900, het die eerste dag van die Slag van Donkerhoek (ook bekend as Diamond Hill) net oos van Pretoria plaasgevind. Die Boeremag onder leiding van genl. Louis Botha, bygestaan deur generaals Koos de la Rey, Ben Viljoen, Tobias Smuts en andere, het in dié geveg wat as ’n keerpunt […]
- 1
- 2