Tag Archives: genl. Manie Maritz

13 Januarie 1901 – Die vyf swemmers ontsnap

In een van die opspraakwekkendste ontsnappings van Boerekrygsgevangenes gedurende die Anglo-Boereoorlog, ontsnap Willie Steyn en vier vriende (Piet Botha, Ernst Hausner en die broers Louw en George Steytler) op Sondag 13 Januarie 1901 van die “Catalonia” waar die skip in die hawe gelê het. Hulle duik laatnag in die seewater in die hawe van Colombo, […]

Rebellie van 1914 – Dagboek: 12 Oktober 1914

Na aanleiding van Manie Maritz se eensydige rebellie, kondig die Suid-Afrikaanse regering op Maandag 12 Oktober 1914 krygswet oor die hele unie af. Maritz het enkele dae tevore – op 9 Oktober – met nagenoeg 600 man by hom tot ’n rebellie oorgegaan. Genl. Christiaan de Wet kom ook op 12 Oktober in Bloemfontein aan. […]

Rebellie van 1914 – Dagboek: 11 Oktober 1914

Teen 11 Oktober 1914 loop spanning hoog in Suid-Afrika met nuus oor genl. Manie Maritz se Rebellie wat begin versprei. Op dié dag neem Maritz se troepe Keimoes en Kakamas in besit. Hieroor skryf die historikus Wynand Boshoff: “Die aanval op Keimoes was vir Maritz ’n keerpunt. Terwyl hy verwag het dat die ‘volk’ hom […]