Tag Archives: Genootskap van Regte Afrikaners

14 Augustus 1875 – AFRIKAANSE TAALDAG

AFRIKAANSE TAALDAG: Op 14 Augustus 1875 is die Genootskap van Regte Afrikaners (GRA) in die Paarl gestig. Dit was die eerste amptelike poging om Afrikaans as eie taal te vestig en daarom word dié dag jaarliks as Afrikaanse Taaldag gevier. Die GRA het verskeie aktiewe pogings aangewend om die taal op te bou en onder […]

28 Mei 1881 – Daniël Francois Malherbe gebore

Op 28 Mei 1881, vandag 139 jaar gelede, is Daniël Francois Malherbe in Daljosafat, naby die Paarl, gebore. Malherbe het later bekend geword as romanskrywer, digter en dramaturg. Sy pa, P.J. Malherbe, was in 1875 een van die stigterslede van die Genootskap van Regte Afrikaners. D.F. se eerste letterkundige werk was die digbundel “Karroo-Blommetjies” wat […]

2 April 1918 – GRA Medestigter oorlede

Medestigter van die Genootskap van Regte Afrikaners (GRA) Daniël Francois du Toit – ook bekend as Daan Dokter – is vandag 102 jaar gelede, op 2 April 1918 oorlede. Hy was 65 jaar oud. Daan Dokter was ’n wynboer van die Paarl, maar het later op sy werk as bestuurder van D.F. du Toit & […]

15 Januarie 1876 – Die Afrikaanse Patriot

Op 15 Januarie 1876 verskyn die eerste uitgawe van Die Afrikaanse Patriot. Dié blad was die mondstuk van die Genootskap van Regte Afrikaners (GRA) wat die vorige jaar op die Paarl gestig is. Die GRA het ’n aansienlike aandeel in die vestiging van Afrikaans as eie taal gehad. In die eerste uitgawe van Die Afrikaanse […]