Tag Archives: Gerrit Maritz

7 Desember 1836 – eerw. Erasmus Smit besoek die leier van die Barolong

Op 7 Desember 1836, vandag 184 jaar gelede, besoek eerw. Erasmus Smit die leier van die Barolong, opperhoof Moroka. Volgens die inskrywing in Smit se dagboek is hy en sy vrou, Susanna, hartlik ontvang. Hy het egter ook aangeteken dat hy jammer is dat daar nie ’n kerkgebou in dié gemeenskap was nie. Die Barolong, […]

2 Desember 1836 – Eerste Voortrekkerbestuur verkies

Teen die einde van 1836 het ’n groot aantal Voortrekkers van Hendrik Potgieter en Gerrit Maritz se trekke reeds by Thaba Nchu (oftewel Blouberg soos dit onder die Trekkers bekend gestaan het) saamgetrek. Die behoefte aan ’n bestuursliggaam het ontstaan en op 2 Desember 1836, vandag 184 jaar gelede, is die eerste Voortrekkerbestuur, bekend as […]

Rebellie van 1914 – Dagboek: 9 Oktober 1914

Op 9 Oktober 1914, vandag 106 jaar gelede, gaan Manie Maritz (wat skaars ’n week tevore nog gedreig het dat hy eerder uit die Unieverdedigingsmag sal bedank as om Duitswes-Afrika in te val) met sowat 600 man by hom by Van Rooyensvlei, wes van Upington, oor tot ’n Rebellie teen die regering. Maritz het die […]