Tag Archives: Geskiedenis van Suid-Afrika: Van voortye tot vandag

2 Desember 1836 – Eerste Voortrekkerbestuur verkies

Teen die einde van 1836 het ’n groot aantal Voortrekkers van Hendrik Potgieter en Gerrit Maritz se trekke reeds by Thaba Nchu (oftewel Blouberg soos dit onder die Trekkers bekend gestaan het) saamgetrek. Die behoefte aan ’n bestuursliggaam het ontstaan en op 2 Desember 1836, vandag 184 jaar gelede, is die eerste Voortrekkerbestuur, bekend as […]

6 Augustus 1883 – Republiek van Stellaland uitgeroep

Op 6 Augustus 1883, vandag 137 jaar gelede, is die Republiek van Stellaland uitgeroep. Die historikus Jackie Grobler skryf oor drie klein republieke wat in die 1880’s tot stand gekom het – naamlik Stellaland, Gosen en die Nuwe Republiek – in Geskiedenis van Suid-Afrika: Van voortye tot vandag (onder redaksie van Fransjohan Pretorius) soos volg: […]

6 Februarie 1838 – Dingane vermoor Piet Retief

Op 6 Februarie 1838, vandag 182 gelede, is Piet Retief en sy geselskap in die Zoeloe-koning Dingane se hoofstat, Mgungundhlovu, vermoor. Dié Voortrekkers was sedert 3 Februarie op besoek aan die koning om ’n grondtraktaat te onderteken nadat Retief tydens ’n vorige besoek met Dingane onderhandel het vir ’n grondgebied vir die Voortrekkers. Die Groot […]