Tag Archives: Geskiedenis

Jongste boek van bekroonde skrywer herbevestig oproep om Afrikaans te beskerm en bevorder

Ter viering van Afrikaanse Taaldag sal die bekroonde Bloemfonteinse skrywer J.C. Steyn se nuutste boek Verset & opbou: Skrywers en politici as aktiviste vir Afrikaans op 14 Augustus vanjaar by NALN bekendgestel word. Afrikaanse Taaldag word jaarliks gevier om die stigting te herdenk van die Genootskap van Regte Afrikaners (GRA) op 14 Augustus 1875 – […]

Propvol ABO-studiedag op 8 Junie 2019: Ontdek die man agter “Skote Petoors”

Die bekende uitroep “Skote Petoors” het generasies lank reeds plek in die volksmond gekry. Tog is die verhaal van die ware Pretorius een wat in die vergetelheid geraak het. Volgens oorlewering het die 28-jarige Pretorianer Johannes Lodewicus (Lood) Pretorius met die uitbreek van die Anglo-Boereoorlog op 11 Oktober 1899 as hoof van die Derde Battery […]

Eerste Vryheidsoorlog: Koeëls klap rondom Pretoria!

Die Eerste Vryheidsoorlog, 1880-1881 was ’n kort, maar intense stryd tussen die Transvaalse burgers en die Britte. Nadat Brittanje die Zuid-Afrikaansche Republiek in 1877 geannekseer het, het verskeie pogings van die Transvalers gevolg om hul onafhanklikheid terug te kry – elke keer sonder sukses. Pretoria, die setel van die Brits beheerde Transvaal, het gedurende die […]

Familiegeskiedenis: Vergeet om te vergeet, onthou om te onthou

deur Ilze Nieuwoudt “Ouma het altyd vertel …” Hoeveel keer het ’n verhaal uit die familie se verlede nie al so begin nie? En tog, al het jy dié staaltjie al male sonder tal gehoor én vertel, loop die feite soms by die agterdeur uit wanneer die jare by die voordeur aanklop. Gesinne, families, vriende […]

Wes-Transvaal – die hartklop van die Boereoorlogstryd

deur Ilze Nieuwoudt Sowat ’n dag nadat oorlog op 11 Oktober 1899 tussen die twee Boererepublieke (die ZAR en die Oranje-Vrystaat) en die magtige Brittanje verklaar is, klap die eerste skote van ’n stryd wat uiteindelik meer as drie jaar sou neem om sy bittere einde te bereik. Teen omstreeks kwart voor elf die aand […]