Tag Archives: GRA

15 Januarie 1846 – GRA stigterslid D.F. du Toit gebore

Op 15 Januarie 1846 word D.F. du Toit, een van die stigterslede van die Genootskap vir Regte Afrikaners (GRA) en die eerste redakteur van die eerste Afrikaanse koerant, Die Afrikaanse Patriot, op Kleinbos, Dal Josafat, gebore. Die taalhistorikus Jaap Steyn skryf soos volg oor Du Toit se bydrae tot die vroeë dae van Afrikaans: “Die […]

Die Bybel – in AFRIKAANS!

Die eerste eksemplare van die Afrikaanse Bybel word in Mei 1933 by die Britse en Buitelandse Bybelgenootskap afgelewer, bron: Transvaalse Argiefbewaarplek

Op 26 Augustus 1933, vanjaar 86 jaar gelede, is ’n fees in byna elke uithoek van Suid-Afrika gehou. Die amptelike bekendstelling van die Afrikaanse Bybel is op dié dag gehou, met die hoogtepunt van feesvieringe wat in Bloemfontein plaasgevind het. Nagenoeg 5 000 gaste het die geleentheid in Bloemfontein bygewoon. Die vertaling van die Bybel […]

14 Augustus 1875 – AFRIKAANSE TAALDAG

AFRIKAANSE TAALDAG: Op 14 Augustus 1875 is die Genootskap van Regte Afrikaners (GRA) in die Paarl gestig. Dit was die eerste amptelike poging om Afrikaans as eie taal te vestig en daarom word dié dag jaarliks as Afrikaanse Taaldag gevier. Die GRA het verskeie aktiewe pogings aangewend om die taal op te bou en onder […]

28 Mei 1881 – Daniël Francois Malherbe gebore

Op 28 Mei 1881, vandag 139 jaar gelede, is Daniël Francois Malherbe in Daljosafat, naby die Paarl, gebore. Malherbe het later bekend geword as romanskrywer, digter en dramaturg. Sy pa, P.J. Malherbe, was in 1875 een van die stigterslede van die Genootskap van Regte Afrikaners. D.F. se eerste letterkundige werk was die digbundel “Karroo-Blommetjies” wat […]

2 April 1918 – GRA Medestigter oorlede

Medestigter van die Genootskap van Regte Afrikaners (GRA) Daniël Francois du Toit – ook bekend as Daan Dokter – is vandag 102 jaar gelede, op 2 April 1918 oorlede. Hy was 65 jaar oud. Daan Dokter was ’n wynboer van die Paarl, maar het later op sy werk as bestuurder van D.F. du Toit & […]