Die dorp is vernoem na die destydse goewerneur van die Kaapkolonie, Cornelis Jacob van de Graaff, en sy vrou. Die dorp is oorspronklik gestig as ‘n handelspos om die binnelandse handel vanaf die Kaapkolonie uit te brei.
Tag Archives: Graaff-Reinet
Op 18 Januarie 1902 word die 23-jarige kmdt. Gideon Scheepers tydens die Anglo-Boereoorlog op Graaff-Reinet deur ’n vuurpeloton tereggestel. Hy is op ’n stoel vasgebind en geblinddoek vir die teregstelling. Genl. Christiaan de Wet het reeds vroeg in die oorlog Scheepers se leierseienskappe raakgesien, hom bevorder en oor 30 verkenners aangestel. Dagboekinskrywings wat Scheepers gemaak […]
Op 23 Desember 1838 skryf Andries Pretorius ’n brief aan Jacobus Boshof van Graaff-Reinet. Daarin vertel hy van die Voortrekkers se oorwinning by Bloedrivier en hul inname van uMgungundlovu. Dié brief verskyn op 16 Februarie 1839 in De Zuid-Afrikaan. (Illustrasie: ’n Kunstenaarsvoorstelling van Dingane se kraal. Bron: Afrikaanse kultuuralmanak)
Andries Pretorius verjaar! Vanjaar 223 jaar gelede, op 27 November 1798, is die Voortrekkerleier Andries Wilhelmus Jacobus Pretorius op die plaas Driekoppen in die Graaff-Reinet-distrik gebore. Pretorius word beskou as die mees prominente figuur van die Groot-Trek en het sedert sy vertrek uit die Kaapkolonie (as trekleier van sy eie trekgeselskap bestaande uit 68 waens) […]
Op 19 November 1836 bereik Gerrit Maritz en sy trek Thaba Nchu (oftewel Blesberg soos wat dit onder die Voortrekkers bekend gestaan het) met meer as 100 waens en ’n groot hoeveelheid vee. Maritz het Graaff-Reinet in September 1836 met meer as 700 mense verlaat. Hy het volgens die historikus Hermann Giliomee verskeie regsgeskrifte, onder […]
- 1
- 2