Tag Archives: Gustav Preller

4 November 1810 – Louis Trichardt trou Martha Bouwer

Op 4 November 1810, vandag 210 jaar gelede, tree die latere Voortrekkerleier Lodewikus Tregart (beter bekend as Louis Tregart oftewel Trichardt) op 27-jarige ouderdom op Graaff-Reinet in die huwelik met Martha Elizabeth Susanna Bouwer wat 12 jaar jonger as hy was. In die inleiding tot sy dagboek, soos gepubliseer in 1938 met inleiding en aantekeninge […]

Skrywersaanhaling van die week – 5 Oktober 2020: Peet Venter, Gustav Preller, Rudie van Rensburg

“’n Mens se eie stel waardes is al waaraan jy nog kan vashou in ’n wêreld waar etiek en moraliteit daagliks tot in die hoogste gesagskringe verkrag word.” Peet Venter (3 Oktober 1940 – ), Afrikaanse skrywer wat veral bekend is vir sy spanningsverhale, maar tydens sy professionele loopbaan was hy aan ’n ingenieursmaatskappy verbonde. […]

4 September 1875 – Joernalis en historikus Gustav Preller gebore

Die joernalis en historikus Gustav Preller is vandag 145 jaar gelede, op 4 September 1875, in Pretoria gebore. Preller was gedurende die Anglo-Boereoorlog lid van die ZAR se Staatsartillerie en is vier maande voor die einde van die oorlog gevange geneem en na Indië gestuur. Ná die oorlog word hy redakteur van Eugène Marais se […]

29 Maart 1936 – Eugene Marais sterf

Die skrywer, digter, joernalis en natuurkenner Eugène Marais sterf op 29 Maart 1936 nadat hy selfdood pleeg op die plaas van sy vriend Gustav Preller, Pelindaba, wes van Pretoria. Onder die voorwendsel dat hy ’n slang in sy rondawel wil skiet, leen Marais op dié dag ’n haelgeweer by sy buurman, Lood Pretorius. Pretorius leen […]

19 Maart 1919 – Jack Hindon sterf

Op 19 Maart 1919 sterf die Skotse Afrikaner Jack Hindon in Pretoria. Hindon is in 1874 in Stirling, Skotland gebore en het as 14-jarige seun by die Britse weermag aangesluit. Hy is na Zoeloeland gestuur as lid van die Britse militêre orkes (jong seuns is dikwels as sogenaamde “band boys” ingespan), maar dros uit die […]