sosialemedia-beïnvloeder s.nw. Persoon wat so gewild is en deur so baie mense gevolg word, dat wanneer hy/sy in die sosiale media ’n produk of diens aanbeveel, bevorder of kritiseer, potensiële kopers of gebruikers hulle daardeur laat beïnvloed en lei. Sinonieme: beïnvloeder; internetberoemde sosiale media (versamelnaam) Verskillende vorms van elektroniese kommunikasie waardeur mense op die internet […]
Tag Archives: handwoordeboek van die Afrikaanse Taal
Moenie ’n gegewe perd in die bek kyk nie. Moenie ’n geskenk kritiseer nie. (Die ouderdom van ’n perd kan geskat word aan die toestand van sy tande en ’n geskenk behoort dus sonder nadere ondersoek aanvaar te word.) (Bron: Spreekwoorde en waar hulle vandaan kom)
Op vredesvoet verkeer. Soos in vredestyd teenoor mekaar optree. (Bron: Spreekwoorde en waar hulle vandaan kom)
’n Kinderhand is gou gevul ’n Kind word maklik tevrede gestel – ook gesê van volwassenes wat nie hoë eise stel nie. (Bronne: Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal, 5de uitgawe; Wat praat jy! Afrikaanse idiome, gesegdes en vaste uitdrukkings met verklarings)
boerematriek s.nw. Aanneming tot lidmaat van ’n gemeente ná katkisasie. (Bron: Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal, 5de uitgawe)