Ilze Nieuwoudt Die Anglo-Boereoorlog (1899-1902) het nie net die lewe van die burgers in die Boererepublieke verander nie, maar ook sy tentakels tot in die Suid-Afrikaanse Britse kolonies laat strek. Hoewel die Boere in die republieke gehoop het op ’n grootskaalse opstand deur hul ondersteuners in die Kaap en Natal, het dit nie gebeur nie. […]