Vandag 56 jaar gelede, op 23 Mei 1964, speel Wallis in sy eerste amptelike rugbytoer na die suidelike halfrond teen die Springbokke op Kings Park in Durban. Die Walliesers verloor hierdie geskiedkundige wedstryd 3-24. Volgens www.rugbystats.co.za het Suid-Afrika en Wallis mekaar al sedert 1906 in 36 toetse die stryd aangesê, waarvan die Springbokke 29 gewen […]