laspos s.nw. Lastige persoon; iemand wat ’n oorlas is. (BRON: Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal, 5de uitgawe)
Tag Archives: HAT
’n Anglisisme is ’n vorm wat onder Engelse invloed in ’n ander taal opgeneem word; dikwels is sodanige vorm in stryd met die sisteem van die ontlenende taal. Voorbeelde: Die spaarwiel (Engels: spare wheel) is stukkend. Korrekte Afrikaanse vorm: Die noodwiel is stukkend. Hulle groei (Engels: grow) pragtige blomme. Korrekte Afrikaanse vorm: Hulle kweek pragtige […]
Woorde soos ma, pa, skoonma, skoonpa, peetpa kry ’n afkappings -’s in die meervoud: ma’s, pa’s, skoonma’s, skoonpa’s, peetpa’s Maar ouma en oupa se meervoud is: oumas, oupas (BRON: HAT: Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal, 5de uitgawe)
oulap s.nw. 1. (histories) Pennie, dubbeltjie. 2. (geselstaal; t.o.v. geld) Klein hoeveelheid. Samestelling van “ou” en “lap”: Beide dele dui op iets wat min waarde het. Ook in spreekwoorde/uitdrukkings, byvoorbeeld: Vir ’n oulap en ’n bokstert verkoop. Goedkoop verkoop. ’n Oulap se rooi maak mooi. ’n Bietjie rooisel aan ’n vrou se gesig laat haar […]
spaaider/spaider (verouderd) s.nw. Ligte, vierwielrytuig deur perde getrek. (BRON: HAT: Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal, 5de uitgawe)