Tag Archives: Helpmekaarbeweging

Vrouemaand: Die ánder vroueoptog na die Uniegebou

Die vroueoptog na die Uniegebou in Pretoria het op 4 Augustus 1915 plaasgevind. Nagenoeg 3 000 vroue het aan dié optog deelgeneem. Suid-Afrikaners vier jaarliks Vrouemaand in Augustus om die prestasies van vroue, en die rol wat hulle in die gemeenskap speel én gespeel het, te gedenk. Hoewel 1956 se vroueoptog na die Uniegebou in […]

12 Januarie 1915 – Helpmekaarvereniging in Transvaal gestig

Op 12 Januarie 1915 word ’n Helpmekaarvereniging in Transvaal gestig. Hieroor skryf Marthinus van Bart in Die Afrikanerrebellie, 1914-1915 soos volg: “Ook in die suidelike distrikte van Transvaal rondom Lichtenburg, setel van wyle generaal Koos de la Rey, is aansienlike skade deur die Rebellie veroorsaak, en ook daar is groot eise teen Rebelle ingestel. Op […]

10 November 1917 – Helpmekaardag gehou

Op 10 November 1917 is Helpmekaardag gehou. Die plundering van winkels en privaat eiendom tydens die Rebellie van 1914 was nie ongehoord nie en na afloop daarvan het eise teen die Rebelle ingestroom. Boonop is Rebelle ook stywe boetes opgelê. Die gesamentlike boetes en eise teen Rebelle het ongeveeg £400 000 beloop. Rebelle is egter […]