Tag Archives: Hermann Giliomee

20 November 1926 – Engeland kondig outonomie vir oudste kolonies aan

Op 20 November 1926, vandag 94 jaar gelede, word in Londen aangekondig dat outonomie aan vyf van die oudste kolonies van die Britse Ryk toegestaan sal word (dit sluit in Kanada, Australië, Nieu-Seeland, Suid-Afrika en Newfoundland). Dié besluit is vervat in die Balfour-verklaring wat bepaal het dat “Brittanje en die dominiums gelyke status het en […]

19 November 1836 – Gerrit Maritz se trek bereik Thaba Nchu

Op 19 November 1836 bereik Gerrit Maritz en sy trek Thaba Nchu (oftewel Blesberg soos wat dit onder die Voortrekkers bekend gestaan het) met meer as 100 waens en ’n groot hoeveelheid vee. Maritz het Graaff-Reinet in September 1836 met meer as 700 mense verlaat. Hy het volgens die historikus Hermann Giliomee verskeie regsgeskrifte, onder […]

14 Junie 1897 – Joodse diamantmagnaat Barney Barnato pleeg selfmoord

Op 14 Junie 1897 pleeg die Joodse diamantmagnaat Barney Barnato selfmoord toe hy naby Madeira oorboord spring van die “Scot”. Barnato en sy gesin was vanaf Kaapstad onderweg na Southampton. Hy was 44 jaar oud. Barnato is gebore as Barnett Isaacs, maar het sy naam verander terwyl hy as komediant gewerk het. Hy het in […]

15 April 1834 – ZAR President Burgers gebore

Thomas Francois Burgers, staatspresident (1872-1877) van die Zuid-Afrikaansche Republiek (ZAR), is vandag 186 jaar gelede, op 15 April 1834, op Langfontein buite Graaff-Reinet gebore. Burgers het op 19-jarige ouderdom aan die Universiteit van Utrecht in Nederland met sy teologiese studies begin en vyf jaar later, in 1858, na Suid-Afrika teruggekeer. Kort daarna tree hy in […]

Skrywersaanhaling van die week – 6 April 2020

“Historici raak dikwels so verlief op die onderwerp waaraan hulle werk dat hulle verlei word om alles wat hulle daaroor vind in die skryfstuk op te neem. Die belangrikste ding van enige boek is wat jy uitlaat om die boek meer verteerbaar te maak en wat jy insit om dit boeiender te maak.” – Hermann […]