Tag Archives: Hertzog-prys

Skrywersaanhaling van die week – 28 September 2020: DJ Opperman en P.J. Nienaber

My nooi is in ’n nartjie, my ouma in kaneel, daar is iemand … iemand in anys, daar’s ’n vrou in elke geur! (Uit: Sproeireën – DJ Opperman) DJ (Dirk Johannes) Opperman (29 September 1914-22 September 1985), een van die bekendste Afrikaanse digters en letterkundiges van die twintigste eeu. Hy ontvang vier keer die gesogte […]

13 Junie 1922 – Sestigers skrywer Etienne Leroux in Oudtshoorn gebore

Op 13 Junie 1922, vandag 98 jaar gelede, word Stephanus Daniël Petrus le Roux, beter bekend as Etienne Leroux, in Oudtshoorn gebore. Etienne was een van die grootste skrywers van die Sestigers. In 1964 ontvang hy die Hertzog-prys vir sy boek “Sewe dae by die Silbersteins”. In dieselfde jaar volg die CNA-prys vir “Een vir […]

11 Mei 1897 – Boerneef gebore

Op 11 Mei 1897 word Izak Wilhelmus van der Merwe, ook bekend onder die skrywersnaam Boerneef, op Boplaas, Ceres, gebore. Van Boerneef se bekendste gedigte sluit onder meer in “Die berggans het ’n veer laat val” en “Lappa lei vir Bella koud”. Boerneef was ook bekend as akademikus en was hoogleraar in Afrikaans aan die […]