Tag Archives: Het Geheugen

16 November 1855 – SA se admin hoofstad Pretoria gestig

Pretoria verjaar! Die administratiewe hoofstad van Suid-Afrika, Pretoria, is vandag 165 jaar gelede, op 16 November 1855 gestig. Dié dorp is na Andries Pretorius vernoem en daar is op die ligging daarvan besluit aangesien Potchefstroom en Lichtenburg nie as sentraal genoeg vir die ZAR se Volksraadsvergaderings beskou is nie. Die gebied waar Pretoria vandag staan […]

Rebellie van 1914 – Dagboek: 12 Oktober 1914

Na aanleiding van Manie Maritz se eensydige rebellie, kondig die Suid-Afrikaanse regering op Maandag 12 Oktober 1914 krygswet oor die hele unie af. Maritz het enkele dae tevore – op 9 Oktober – met nagenoeg 600 man by hom tot ’n rebellie oorgegaan. Genl. Christiaan de Wet kom ook op 12 Oktober in Bloemfontein aan. […]

Die Long Tom – ’n bielie van ’n kanon!

Een van die ZAR se Long Toms in die NZASM-werkplaas in Pretoria, gereed om weer na die gevegsfront geneem te word. Bron: Het Geheugen

Deur Ilze Nieuwoudt  ’n Bielie van ’n kanon met ’n loop van oor die vier meter het gedurende die Anglo-Boereoorlog die Britte laat sidder en behoorlik op hul neuse laat kyk. Die Long Tom, soos hierdie 155 mm-Creusot-kanonne bekendgestaan het, het sy plek dubbel en dwars in die geskiedenisboeke oor dié oorlog verdien. Die Long […]

Historiese foto – Krysgevanges op St. Helena

Jong krygsgevangenes in die Deadwood-kamp op St. Helena met ’n miniatuur kanon en ammunisiewaentjie wat uit hout verwaardig is deur die gevangenes. (Bron: Het Geheugen)