Tag Archives: Historiese foto

Historiese foto – Nederlandse emigrante na SA

Op 28 Oktober 1950 het nagenoeg 800 Nederlandse emigrante aan boord “De Zuiderkruis” na Suid-Afrika vertrek. Voor hul vertrek het kol. P.I. Hoogenhout, Suid-Afrikaanse ambassadeur in Nederland, in ’n toespraak aan die emigrante verklaar: “Ek weet dat dit nie vir julle maklik is om Nederland te verlaat nie. Die oorbevolking in Nederland skep toenemende probleme. […]

Historiese foto – Krygsgevangenes op Ceylon

’n Groep lidmate van die Gereformeerde Kerk wat as krygsgevangenes op Ceylon aangehou is in 1900. Volgens die Oorlogsmuseum van die Boererepublieke is meer as 5 100 Boerekrygsgevangenes gedurende die Anglo-Boereoorlog na Ceylon (vandag bekend as Sri Lanka) gestuur. Die eerste krygsgevangenes het in Augustus 1900 – vandeesmaand 120 jaar gelede – op Ceylon aangekom. […]

Historiese foto – British Royal Engineers herstel spoorlyn buite Kroonstad

’n Foto uit die argief van die Rijksmuseum in Nederland. Dit toon soldate van die British Royal Engineers wat in 1900 (gedurende die Anglo-Boereoorlog) ’n spoorlyn herstel wat buite Kroonstad deur die Boere verwoes is. Die Anglo-Boereoorlog is bekend as ’n oorlog waartydens konvensionele oorlogvoering onvoldoende geblyk het. Die Boere van die ZAR en OVS […]

Historiese foto – lord Kitchener uitgebeeld as padda

Die Franse karikatuurkunstenaar Jean Veber se uitbeelding van lord Kitchener as ’n padda. In ’n studie oor Veber en Edward Linley Sambourne se politieke strokies oor die Anglo-Boereoorlog skryf Kate Allison “Veber’s  cartoons  offered  swift  knee-jerk  reactions  against  the  ruling  elite and  the  horrors  of British  cruelty  toward  Boer  prisoners as  coverage  of  the  war  […]