Tag Archives: hoeksteen

Woord van die week – 1 Februarie 2021: Hoeksteen

hoeksteen s.nw. 1 Netjies gekapte klipblok wat op ’n hoek ingemessel word om twee mure met mekaar te verbind. 2 Netjiese, gepoleerde steen met ’n inskripsie as gedenksteen. 3 (fig.) Iemand of iets van fundamentele belang; steunpilaar. (BRONNE: PharosAanlyn; Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal, 5de uitgawe)  

8 Oktober 1841 – Volksraad in Pietermaritzburg keur stigting van Winburg goed

Op 8 Oktober 1841 keur die Volksraad in Pietermaritzburg die stigting van ’n dorp op Jacobus de Beer se plaas “Waaifontein” (ook geskryf “Waayfontein”) goed. Die Voortrekkerleier Hendrik Potgieter het reeds enkele jare tevore (in 1836) die gebied tussen die Vet- en Vaalrivier van hoofman Makwana van die Bataung aangekoop. Kort voor lank het nog […]

Hoeksteen van die Paleis van Justisie word gelê

Die hoeksteen van die Paleis van Justisie op Kerkplein in Pretoria is 123 jaar gelede, op 8 Junie 1897, deur pres. Paul Kruger gelê. Dit is ontwerp deur die staatsargitek Sytze Wierda en is op die voormalige pastorie-erf en ’n gedeelte van die destydse skoolerf opgerig. Bouwerk is eers gedurende die Anglo-Boereoorlog in 1900 voltooi […]