Op 30 Januarie 1908 word die Indiese aktivis Mohandas (Mahatma) Gandhi deur die Transvaalse koloniale sekretaris, generaal Jan Smuts, uit die tronk vrygelaat. Gandhi en 15 ander Indiërs is op 7 Januarie in Volksrust in hegtenis geneem omdat hulle sonder die nodige registrasiedokumente die Transvaal binnegekom het. Hulle is tot twee maande gevangenisstraf met harde […]