Tag Archives: J.C. Steyn

26 Julie 1915 – De Burger verskyn vir die eerste keer

Nasionale Pers se eerste Afrikaanse koerant – “De Burger” – verskyn vandag 106 jaar gelede, op Maandag 26 Julie 1915, die eerste keer op Kaapstad se strate. ’n Predikant van Graaff-Reinet, dr. D.F. Malan, is as die koerant se eerste redakteur aangestel. Hy was aan die stuur van sake tot met sy uittrede in 1924. […]

Aanhaling van die week – 1 Maart 2021 – Verset & Opbou

“Die eerste tydskrif van die twintigste-eeuse taalbeweging, Die Brandwag, maak op 1 Junie 1912 met genoeë melding van ‘Nederlanders van naam en gesag wat aan onse Afrikaanse taal alle reg, en alle reg van bestaan, laat wedervaar het’. […] Die grootste verdediger van Afrikaans was Hesseling, wat die taal telkens in Nederlandse vaktydskrifte verdedig het. […]

6 Maart 1905 – J.H. Hofmeyer toespraak

“Is’t u ernst?” Hierdie woorde van die politikus en taalstryder J.H. (Onze Jan) Hofmeyr het vandag 115 jaar gelede, op 6 Maart 1905, tydens ’n toespraak in Stellenbosch die mense behoorlik laat regop sit. Dié toespraak is gelewer tydens ’n byeenkoms van Ons Spreekuur, ’n Stellenbosse studentevereniging. Hierin het Onze Jan, ’n bekende yweraar vir […]

Befaamde Afrikaanse taalkultuurhistorikus se nuutste werk bekendgestel

Proff. Jaap Steyn en Hennie van Coller tydens die bekendstelling van Verset & opbou. Verset & opbou: Skrywers en politici as aktiviste vir Afrikaans is die jongste boek uit die pen van Suid-Afrika se bekendste taalkultuurhistorikus, prof. J.C. (Jaap) Steyn. Dit is op Taaldag (14 Augustus) deur Kraal Uitgewers in samewerking met die Nasionale Afrikaanse […]

Kraal op NALN se uitgewersmuur verewig

Ilze en Alana by die muur. Tydens hulle onlangse besoek aan die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum (NALN) in Bloemfontein, het Kraal Uitgewers se Alana Bailey (uitvoerende hoof) en Ilze Nieuwoudt (publikasiehoof) die besondere voorreg gehad om NALN se uitgewersmuur namens Kraal te teken! Op die muur kan uitgewers, skrywers, kunstenaars en ander bekende […]