Tag Archives: Jan Smuts

Rebellie van 1914 – Dagboek: 12 Oktober 1914

Na aanleiding van Manie Maritz se eensydige rebellie, kondig die Suid-Afrikaanse regering op Maandag 12 Oktober 1914 krygswet oor die hele unie af. Maritz het enkele dae tevore – op 9 Oktober – met nagenoeg 600 man by hom tot ’n rebellie oorgegaan. Genl. Christiaan de Wet kom ook op 12 Oktober in Bloemfontein aan. […]

3 Oktober 1953 – Internasionale terminaal open by Jan Smuts

Op 3 Oktober 1953 open die toenmalige minister van vervoer, Ben Schoeman, die internasionale terminaal by die Jan Smuts-lughawe in Kempton Park. Dié lughawe, wat intussen na die Johannesburg Internasionale Lughawe en meer onlangs na die O.R. Tambo Internasionale Lughawe hernoem is, is in 1952 amptelik geopen. Jan Smuts-lughawe het die Palmietfontein Internasionale Lughawe – […]

Rebellie van 1914 – Dagboek: 15 September 1914

Op 15 September 1914 dien Christiaan Beyers sy bedanking as kommandant-generaal van die Unieverdedigingsmag in by Jan Smuts omdat hy nie met die besluit om Duitswes-Afrika aan te val, kan saamleef nie. Jan Kemp trek ook op hierdie dag sy bedanking terug, maar dit word verwerp. Beyers stuur sy motorbestuurder en sy vrou, Mathilde, om […]

11 September 1950 – Jan Smuts oorlede

Jan Smuts is vandag 70 jaar gelede, op 11 September 1950, in die ouderdom van 80 jaar oorlede. Smuts is op 24 Mei 1870 op die plaas Bovenplaas (deel van Ongegund) naby Riebeek-Wes in die toenmalige Kaapkolonie gebore. Smuts het reeds van jongs af as ’n uitmuntende student na vore getree. Ná skool studeer hy […]

Rebellie van 1914 – Dagboek: 9 September 1914

Teen September 1914 loop die spanning oor Suid-Afrika se moontlike inval in Duitswes-Afrika, gedurende die Eerste Wêreldoorlog, hoog. Terwyl eerste minister Louis Botha en sy ondersteuners aan die een kant hulle vir die inval beywer, is talle Afrikaners daarteen gekant. Op 9 September 1914 vind ’n spesiale parlementsitting in Kaapstad plaas sodat besin kan word […]