Tag Archives: Jan van Riebeeck

18 Mei 1899 – Jan van Riebeeck standbeeld onthul

18 Mei 1899 Op 18 Mei 1899 word die standbeeld van Jan van Riebeeck onthul. Die standbeeld staan in Heerengrachtstraat in Kaapstad. Dit is in brons gebeeldhou deur John Tweed en aan die stad Kaapstad geskenk deur Cecil John Rhodes.

24 Desember 1651 – Jan van Riebeeck vertrek na die Kaap

Vandag 369 jaar gelede, op 24 Desember 1651, vertrek Jan van Riebeeck en sy geselskap uit Texel, Nederland, na die Kaap om namens die VOC ’n halfwegstasie daar te stig. Hulle verlaat Nederland met drie skepe – “Drommedaris”, “Reijger” en “Goede Hoop”. (Kunswerk: ’n Olieverfskildery deur Nils Severin Andersen wat die aankoms van Van Riebeeck […]

22 Augustus 1650 – Here XVII besluit om verversingspos aan die Kaap te vestig

Hoewel 6 April 1652 en Jan van Riebeeck se koms na die Kaap as een van die belangrikste dae in die vestingsgeskiedenis van die Afrikaner beskou word, behoort 22 Augustus 1650 as net so ’n belangrike datum in die verlede geag te word. Op dié dag, vandag 370 jaar gelede, het die Here XVII (die […]

22 Julie 1655 – Eerste wingerdstokke kom in Tafelbaai aan

22 Julie 1655 – vandag 365 jaar gelede – word die eerste tree in die Suid-Afrikaanse wynbou geneem toe die eerste wingerdstokke aan boord die seiljag Leeuwin in Tafelbaai aankom. Teen Augustus daardie jaar is die eerste muskadel-, fransdruif- en hanepoot-wingerdstokke in die kompanjiestuin aangeplant. In 1658 het Jan van Riebeeck 1 200 wingerdstokke op […]

12 Mei 1652 – Eerste Nagmaal in SA gevier

Nadat Jan van Riebeeck ’n maand tevore voet aan wal gesit het in die Kaap, word die eerste Nagmaal hier op 12 Mei 1652 gevier. In die “Afrikaanse kultuuralmanak” word dié geleentheid en die betekenis van die Nagmaal vir Afrikaners soos volg beskryf: “Die Afrikaner het altyd alles in sy vermoë gedoen om geen Nagmaalsviering […]