Tag Archives: Jan Visagie

7 Desember 1836 – eerw. Erasmus Smit besoek die leier van die Barolong

Op 7 Desember 1836, vandag 184 jaar gelede, besoek eerw. Erasmus Smit die leier van die Barolong, opperhoof Moroka. Volgens die inskrywing in Smit se dagboek is hy en sy vrou, Susanna, hartlik ontvang. Hy het egter ook aangeteken dat hy jammer is dat daar nie ’n kerkgebou in dié gemeenskap was nie. Die Barolong, […]

2 Desember 1836 – Eerste Voortrekkerbestuur verkies

Teen die einde van 1836 het ’n groot aantal Voortrekkers van Hendrik Potgieter en Gerrit Maritz se trekke reeds by Thaba Nchu (oftewel Blouberg soos dit onder die Trekkers bekend gestaan het) saamgetrek. Die behoefte aan ’n bestuursliggaam het ontstaan en op 2 Desember 1836, vandag 184 jaar gelede, is die eerste Voortrekkerbestuur, bekend as […]

6 Februarie 1838 – Dingane vermoor Piet Retief

Op 6 Februarie 1838, vandag 182 gelede, is Piet Retief en sy geselskap in die Zoeloe-koning Dingane se hoofstat, Mgungundhlovu, vermoor. Dié Voortrekkers was sedert 3 Februarie op besoek aan die koning om ’n grondtraktaat te onderteken nadat Retief tydens ’n vorige besoek met Dingane onderhandel het vir ’n grondgebied vir die Voortrekkers. Die Groot […]