Tag Archives: Johannesburg

28 September 1902 – weekliks 15 000 aansoeke om goudmynpermitte aan Witwatersrand

Teen 28 September 1902 word daar aangekondig dat daar te midde van die goudstormloop aan die Witwatersrand, weekliks nagenoeg 15 000 aansoeke om goudmynpermitte ingehandig word. Sedert goud in 1886 aan die Witwatersrand ontdek is, het duisende fortuinsoekers hierheen gestroom. Buiten vir talle arm Afrikaners wat weens die runderpesepidemie van 1896-1897 en die Anglo-Boereoorlog (1899-1902) hul […]

Rebellie van 1914 – Dagboek: 15 September 1914

Op 15 September 1914 dien Christiaan Beyers sy bedanking as kommandant-generaal van die Unieverdedigingsmag in by Jan Smuts omdat hy nie met die besluit om Duitswes-Afrika aan te val, kan saamleef nie. Jan Kemp trek ook op hierdie dag sy bedanking terug, maar dit word verwerp. Beyers stuur sy motorbestuurder en sy vrou, Mathilde, om […]

18 Junie 1970 – N.P. Van Wyk Louw sterf

Op 18 Junie 1970 sterf die Afrikaanse digter en dramaturg N.P. Van Wyk Louw in die ouderdom van 64 jaar in Johannesburg. In D.J. Opperman se “Senior verseboek” word Van Wyk Louw soos volg beskryf: “As digter is Van Wyk Louw veral die soeker – nie die soeker om die vreugde van die soektog nie, […]

13 Mei 1887 – Eerste kind in Johannesburg gebore

Op 13 Mei 1887, vandag 133 jaar gelede, word die eerste kind (Paulus Johannes Hartogh) in Johannesburg – toe nog bekend as Ferreiraskamp – gebore. Goud is die vorige jaar aan dit Witwatersrand ontdek en kort voor lank het verskeie kampe met fortuinsoekers tot stand gekom. Dié foto toon Ferreiraskamp in 1886.

10 Maart 1922 – Rand mynstaking

Die nou byna vergete 1922-mynstaking aan die Rand het in Januarie 1922 uitgebreek, maar op 10 Maart 1922 krisisafmetings aangeneem toe nagenoeg 10 000 wit mynwerkers verskeie polisiekantore, spoorlyne en myngeboue in en om Johannesburg aangeval het. Hermann Giliomee beskryf dit as “’n kleinskaalse burgeroorlog in een van die rykste stede ter wêreld”. Krygswet is […]