Tag Archives: Kaapkolonie

19 Desember 1792 – Voortrekkerleier Andries Potgieter gebore

Die Voortrekkerleier Andries Hendrik Potgieter is vandag 228 jaar gelede, op 19 Desember 1792, in die Graaff-Reinet-distrik gebore. Hy het die Kaapkolonie met ’n trekgeselskap, wat oorspronklik hoofsaaklik uit familielede bestaan het, teen die einde van 1835 verlaat. Hulle het die Sandrivier teen die middel van 1836 bereik en daarvandaan tot by die Soutpansberg getrek […]

27 November 1798 – Voortrekker Andries Pretorius gebore

Andries Pretorius verjaar! Vandag 222 jaar gelede, op 27 November 1798, is die Voortrekkerleier Andries Wilhelmus Jacobus Pretorius op die plaas Driekoppen in die Graaff-Reinet-distrik gebore. Pretorius word beskou as die mees prominente figuur van die Groot-Trek en het sedert sy vertrek uit die Kaapkolonie (as trekleier van sy eie trekgeselskap bestaande uit 68 waens) […]

4 November 1810 – Louis Trichardt trou Martha Bouwer

Op 4 November 1810, vandag 210 jaar gelede, tree die latere Voortrekkerleier Lodewikus Tregart (beter bekend as Louis Tregart oftewel Trichardt) op 27-jarige ouderdom op Graaff-Reinet in die huwelik met Martha Elizabeth Susanna Bouwer wat 12 jaar jonger as hy was. In die inleiding tot sy dagboek, soos gepubliseer in 1938 met inleiding en aantekeninge […]

Rebellie van 1914 – Dagboek: 9 Oktober 1914

Op 9 Oktober 1914, vandag 106 jaar gelede, gaan Manie Maritz (wat skaars ’n week tevore nog gedreig het dat hy eerder uit die Unieverdedigingsmag sal bedank as om Duitswes-Afrika in te val) met sowat 600 man by hom by Van Rooyensvlei, wes van Upington, oor tot ’n Rebellie teen die regering. Maritz het die […]

21 September 1912 – Predikant en Taalbeweging kampvegter Jan Lion Cachet sterf

Op 21 September 1912, vandag 108 jaar gelede, sterf Jan Lion Cachet, predikant in die Gereformeerde Kerk en prominente kampvegter van die Eerste en Tweede Taalbeweging, in Potchefstroom. Cachet het reeds kort ná die Eerste Vryheidsoorlog by Paul Kruger daarop aangedring dat Afrikaans as amptelike taal van die ZAR erken moet word. In sy boek […]