Tag Archives: Kerkplein

Historiese foto – Pretoria Kerkplein in die 1860’s

Vandag is daar wel nie meer ’n kerk op Kerkplein in Pretoria nie, maar dit was nie altyd so gewees nie. Dié foto’s en skets uit Pretoria se eeufeesalbum wat in 1952 deur die Pretoriase stadsraad uitgegee is, toon (regs bo en onder) die kerk op Kerkplein soos dit in die 1860’s tydens die dienstyd […]

4 Julie 1845 – Parlementslid en kampvegter vir Afrikaans Jan Hendrik Hofmeyr gebore

Op 4 Julie 1845, vandag 175 jaar gelede, is die parlementslid en kampvegter vir Afrikaans Jan Hendrik (Onze Jan) Hofmeyr in Kaapstad gebore. In “Suid-Afrikaanse heldegalery” word Onze Jan soos volg beskryf: “Vanaf 1878 tot 1909 het hy vir die Afrikanergroep in Kaapland meer dan enige ander leier die rigting aangewys. Hy was partyleier by […]

Hoeksteen van die Paleis van Justisie word gelê

Die hoeksteen van die Paleis van Justisie op Kerkplein in Pretoria is 123 jaar gelede, op 8 Junie 1897, deur pres. Paul Kruger gelê. Dit is ontwerp deur die staatsargitek Sytze Wierda en is op die voormalige pastorie-erf en ’n gedeelte van die destydse skoolerf opgerig. Bouwerk is eers gedurende die Anglo-Boereoorlog in 1900 voltooi […]

5 Junie 1900 – lord Roberts trek Pretoria binne

Vandag 120 jaar gelede, op 5 Junie 1900, trek lord Roberts se mag sonder teenstand Pretoria, die hoofstad van die ZAR, binne. Die prysgawe van die stad was ’n groot morele terugslag vir die vegtende Boere. In sy nuwe boek “Donkerhoek, 11-12 Junie 1900: Keerpunt in die Anglo-Boereoorlog” skryf Andries Breytenbach dat talle van die […]

12 Mei 1652 – Eerste Nagmaal in SA gevier

Nadat Jan van Riebeeck ’n maand tevore voet aan wal gesit het in die Kaap, word die eerste Nagmaal hier op 12 Mei 1652 gevier. In die “Afrikaanse kultuuralmanak” word dié geleentheid en die betekenis van die Nagmaal vir Afrikaners soos volg beskryf: “Die Afrikaner het altyd alles in sy vermoë gedoen om geen Nagmaalsviering […]