Tag Archives: kersfees

Die Taaltrommel 21 Desember 2020: Kersfees

Ontdek wonderlike taalskatte soos vreemde uitdrukkings, ongewone woorde, moeilike uitspraak, verwarrende woorde, tongbrekerrympies of kopkrap-terminologie. Aan die vooraand van Kersfees fokus ons op woorde wat verband hou met die Kerstyd: Kersaand: die aand vóór Kersdag. Oukersaand het egter ingeburger geraak (na aanleiding van Oujaarsaand) en word algemeen gebruik. Kersdagaand is die aand van 25 Desember. […]

Woord van die week – 7 Desember 2020: Sinterklaas

Sinterklaas (ook Sint Nikolaas) s.nw. Persoon wat in die nag van 6 Desember (Nederlandse) kinders se kouse met Kersgeskenke vul of dit ook uitdeel; voorloper van Vader Kersfees. (Oorsprong: Nederlands: Sinterklaas, ’n sametrekking van Sint, heer en Klaas.) (Bronne: Handwoordeboek van die Afrikaanse Taal, 5de uitgawe; Etimologiewoordeboek van Afrikaans (EWA) en supplement)  

Bederf jou familie in Suid-Afrika met ‘n Kraal-pakkie!

Kersfees sonder Suid-Afrikaanse vriende en familie bly jaarliks ’n uitdaging vir Suid-Afrikaners in die buiteland. Boonop is expats se kans skraal op ’n Kersvakansie in sonnige Suid-Afrika te midde van 2020 se wêreldwye Covid-19-pandemie. Bederf jou Suid-Afrikaanse familie daarom vanjaar met ’n Kraal Uitgewers-geskenk. Kraal se e-winkel (www.kraaluitgewers.co.za) maak inkopies eenvoudig en bied iets vir […]