“Kom sit hier op my skoot en dan lees ons ’n storie.” Dié woorde is hemels in die Covid-generasiekind se ore. In ’n tyd waarin fisieke kontak tussen onderwysers en kinders en skoolmaats onderling taboe is, is ekstra emosionele aandag tuis soveel meer werd as duur speelgoed of luukse vakansies. Wietske Boon is ’n spesialisberader […]
Tag Archives: Korona
burebraai s.nw. Wanneer bure weerskante van die heining ’n braai hou en oor die heining gesels – saam, maar apart. (Bron: Sunita Keyser; afrikaans.com)
venstermasker s.nw. ’n Gesigmasker met ’n deursigtige plastiekstrook oor die mond. Sodoende kan gehoorgestremdes die persoon se lippe lees – en is die glimlag sigbaar! (Bron: “Jong terapeut maak ’n masker met ’n venster”, Rapport, 19 Julie 2020)
kiemkoeser s.nw. Iemand wat met elke hoes koes – voorsorg is immers beter as nasorg. (Bron: afrikaans.com)
vercovid s.nw. Die verwarring en paranoia wat jy ervaar wanneer jy nie kan besluit of jou simptome die van ’n verkoue of van COVID is nie. (Bron: afrikaans.com)