Tag Archives: Kroonstad

19 Januarie 1901 – vredesgesant Johannes Jacobus Morgendaal sterf

Op 19 Januarie 1901 sterf die vredesgesant Johannes Jacobus Morgendaal nadat hy tien dae tevore (op 9 Januarie 1901) dodelik gewond is deur genl. Stoffel Froneman. Morgendaal was voor die Anglo-Boereoorlog ’n vooraanstaande persoon in die Kroonstad-omgewing, maar het teen die middel van 1900 die wapen neergelê en die eed van getrouheid aan Brittanje afgelê. […]

Historiese foto – British Royal Engineers herstel spoorlyn buite Kroonstad

’n Foto uit die argief van die Rijksmuseum in Nederland. Dit toon soldate van die British Royal Engineers wat in 1900 (gedurende die Anglo-Boereoorlog) ’n spoorlyn herstel wat buite Kroonstad deur die Boere verwoes is. Die Anglo-Boereoorlog is bekend as ’n oorlog waartydens konvensionele oorlogvoering onvoldoende geblyk het. Die Boere van die ZAR en OVS […]

30 April 1925 – Antjie Krog se ma gebore

Die Afrikaanse skrywer en ma van skrywer Antjie Krog, Dot Serfontein, is vandag 95 jaar gelede, op 30 April 1925 gebore. Volgens ’n profiel van dié skrywer op LitNet kon Serfontein as kind nie “dogtertjie” sê nie, maar “dottertjie”, derhalwe het die naam “Dot” houvas gekry. Sy het reeds as jong kind haar skryftalent begin […]