Tag Archives: krygsgevangenes

Historiese foto – Krygsgevangenes op Ceylon

’n Groep lidmate van die Gereformeerde Kerk wat as krygsgevangenes op Ceylon aangehou is in 1900. Volgens die Oorlogsmuseum van die Boererepublieke is meer as 5 100 Boerekrygsgevangenes gedurende die Anglo-Boereoorlog na Ceylon (vandag bekend as Sri Lanka) gestuur. Die eerste krygsgevangenes het in Augustus 1900 – vandeesmaand 120 jaar gelede – op Ceylon aangekom. […]

12 Julie 1900 – Vrystaatse Appèlhof bekragtig vonnis teen kommandant Stephanus Vilonel

Op 12 Julie 1900, vandag 120 jaar gelede, bekragtig die Vrystaatse Appèlhof op Fouriesburg, die uitspraak en vonnis wat in die spesiale militêre geregshof teen die voormalige kommandant Stephanus (Fanie) Vilonel gelewer is. Vilonel, ’n prokureur van Senekal, is kort na die uitbreek van die Anglo-Boereoorlog tot kommandant verkies en het aan verskeie veldslae deelgeneem. […]