Die Britse vroulike oorlogskorresprondent, lady Florence Caroline Dixie is vandag 163 jaar gelede, op 24 Mei 1857 in Skotland gebore. Sy was onder meer gedurende die Eerste Vryheidsoorlog (1880-1881) ’n korrespondent vir die Morning Post. Sy was die eerste vrou om as veldkorrespondent vir dié Britse koerant aangestel te word. Sy was bekend as skrywer, […]