hartedief s.nw. Iemand wat die liefde van ’n ander persoon gewen het; liefling, skat. Uit Nederlands: hartendief (1869), so genoem omdat die persoon as’t ware as ’n dief opgetree het deur die hart van iemand te steel. Eerste optekening in Afrikaans in Patriotwoordeboek (1902): hartediif. (Bronne: Etimologiewoordeboek van Afrikaans (EWA) en supplement; Handwoordeboek van die […]
Tag Archives: liefde
hartlam s.nw. Liefling of skat. (Liefkosingsterm) Samestelling van hart en lam, so genoem omdat die persoon iemand so na aan die hart lê soos ‘n klein, weerlose lammetjie. (Bron: Etimologiewoordeboek van Afrikaans (EWA) en supplement)
Van liefde en koue water leef. Gesê van ’n baie verliefde paartjie. (Bron: Spreekwoorde en waar hulle vandaan kom)