Tag Archives: liefdegawe

Woord van die week – 31 Augustus 2020: Aalmoes

aalmoes s.nw. 1. Liefdegawe aan ’n arm persoon. 2. Voedsel aan ’n arm persoon. 3. Vernederende gunsbewys. (Uit: Nederlands: aalmoes en Middelnederlands: aelmoesene, aelmosene: barmhartigheid, medelye. Oud-Frans: almosne; Latyn: elemosyna; Grieks: eleèmosunè: medelye, erbarming en die uitwerking daarvan.) (Bron: Etimologiewoordeboek van Afrikaans (EWA) en supplement)