Tag Archives: Louis Botha

Die dood van De la Rey 

Dit is vandeesweek reeds 106 jaar sedert die legendariese genl. J.H. (Koos) de la Rey in 1914 gesterf het. Hoewel hy meestal bekend is vir sy leeueaandeel in die Boererepublieke se stryd teen die Britse magte gedurende die Anglo-Boereoorlog, bly sy dood steeds ’n saak wat tot vandag toe mense se verbeelding aangryp. De la […]

11 September 1950 – Jan Smuts oorlede

Jan Smuts is vandag 70 jaar gelede, op 11 September 1950, in die ouderdom van 80 jaar oorlede. Smuts is op 24 Mei 1870 op die plaas Bovenplaas (deel van Ongegund) naby Riebeek-Wes in die toenmalige Kaapkolonie gebore. Smuts het reeds van jongs af as ’n uitmuntende student na vore getree. Ná skool studeer hy […]

Rebellie van 1914 – Dagboek: 9 September 1914

Teen September 1914 loop die spanning oor Suid-Afrika se moontlike inval in Duitswes-Afrika, gedurende die Eerste Wêreldoorlog, hoog. Terwyl eerste minister Louis Botha en sy ondersteuners aan die een kant hulle vir die inval beywer, is talle Afrikaners daarteen gekant. Op 9 September 1914 vind ’n spesiale parlementsitting in Kaapstad plaas sodat besin kan word […]

Rebellie van 1914 – Dagboek: 5 September 1914

Wat het De la Rey op Potchefstroom gedoen? Op 5 September 1914 vertrek genl. Koos de la Rey na Kaapstad om die parlementsitting daar, op versoek van genl. Christiaan de Wet, by te woon. Hy onderbreek sy reis om ’n militêre oefenkamp op Potchefstroom by te woon. Dié kamp is die eerste van sy soort […]

21 Augustus 1914 – lord Roberts wens Botha geluk

In 1912 word genl. Louis Botha tot ’n eervolle generaal in die Britse leër bevorder. Dit is ’n titel wat, tot in daardie stadium, nog nooit voorheen in Britse militêre geskiedenis toegeken is nie. Hieroor word soos volg in Afrikaanse Kultuuralmanak geskryf: “Vir Botha en vir Suid-Afrika moes dit as ’n besondere eer gedien het. […]