Tag Archives: Louis Botha

Rebellie van 1914 – Dagboek: 12 Augustus 1914

Jan Smuts versoek op 12 Augustus 1914 dat Koos de la Rey hom en Louis Botha die volgende dag in Pretoria moet gaan spreek. Genl. Christiaan Beyers stuur ook op dié dag ’n telegram aan De la Rey waarin hy hom versoek om die beplande Treurfontein-vergadering (wat op 15 Augustus sou plaasvind) eers uit te […]

Rebellie van 1914 – Dagboek: 11 Augustus 1914

Op 11 Augustus 1914 lig die magistraat van Lichtenburg, J.C. Juta, die Suid-Afrikaanse regering in dat hy verneem het dat genl. Koos de la Rey kommandeerbriewe in die Lichtenburg-distrik versprei. Hiervolgens roep De la Rey alle burgers op om op 15 Augustus ’n vergadering op Treurfontein in die Wes-Transvaal by te woon. Hulle moet gewapen […]

Historiese foto – Genl. C.F. Beyers

Genl. C.F. Beyers het as jong en onbekende assistentveldkornet van Boksburg by die krygsraad wat in Junie 1900 by Vandermerwe-stasie gehou is, sy stem laat hoor teen sommige offisiere se lafhartigheid. Lees meer oor Beyers en die gebeure wat in Junie 1900 in Pretoria afgespeel het in Andries Breytenbach se nuwe boek Donkerhoek, 11-12 Junie […]

29 Junie 1904 – Paul Kruger se laaste boodskap

Die voormalige president van die ZAR, Paul Kruger, het gedurende die Anglo-Boereoorlog na Europa vertrek en ná die oorlog as banneling daar aangebly. In Mei 1904 gaan woon hy in Clarens, Switserland. Op 29 Junie van daardie jaar stel sy sekretaris, dr. W.J. Leyds, in opdrag van Kruger dié Boereleier se laaste amptelike boodskap aan […]

28 Maart 1918 – Santam geregistreer

Op 28 Maart 1918 word Santam (Suid-Afrikaanse Nasionale Trust en Assuransie Maatskappy) as maatskappy geregistreer. Dié maatskappy, sowel as verskeie ander insluitende Sanlam, het uit die sukses van die Helpmekaar-beweging voortgevloei. Die Afrikanerrebellie het in 1914 uitgebreek nadat die regering van Louis Botha besluit het dat Suid-Afrika aan die kant van Brittanje tot die Eerste […]