Tag Archives: M.W. Pretorius

14 September 1862 – Jacobus du Toit deur Transvaalse burgers geskiet en gewond

Vandag 152 jaar gelede, op Sondag 14 September 1862, word Jacobus du Toit, seun van Pretoria se eerste magistraat, Andries du Toit, deur Transvaalse burgers geskiet en gewond. Dié voorval het plaasgevind in ’n tyd van onenigheid in die ZAR, waar Stephanus Schoeman na bewering ’n faksie teen die toenmalige president, M.W. Pretorius, gelei het. Ten […]

13 Augustus 1865 – Tweede president van die ZAR sterf

Op 13 Augustus 1865 sterf die tweede president van die ZAR Willem Cornelis Janse van Rensburg in die ouderdom van 47 jaar. Janse van Rensburg was eers in 1862 tot 1863 waarnemende president en later (van 1863 tot 1864) vir sewe maande lank president van dié Boererepubliek toe die ZAR se eerste president, M.W. Pretorius, […]

6 Julie 1865 – PRC vrywilligerkorps gestig vir beskerming van Pretoria

Op 6 Julie 1865, vandag 155 jaar gelede, is ’n vrywilligerkorps, bekend as die Pretoria Rifle Corps (PRC), gestig vir die beskerming van Pretoria en omgewing. Dit het tien jaar ná die stigting van Pretoria (en die vestiging daarvan as die hoofstad van die ZAR) plaasgevind onder leiding van Stephanus Schoeman as bevelvoerder. Die eenheid […]

1 Mei 1860 – Pretoria word ZAR hoofstad

Op 1 Mei 1860 word Pretoria amptelik die hoofstad van die ZAR. Dit volg nadat die Volksraad op 9 April 1960 dié besluit geneem het en die aankondiging op 26 April gemaak het. Pretoria is slegs vyf jaar vantevore, op 16 November 1855, gestig. M.W. Pretorius het reeds in Augustus 1853 die Volksraad meegedeel dat […]

21 April 1881 – 2de OVS president sterf

Op 21 April 1881 sterf Jacobus Nicolaas Boshoff (73), die tweede president van die Vrystaat, in die Pietermaritzburg-distrik. Boshoff is in 1855 verkies as president. (Gedurende sy ampstermyn het hy die spelling van sy van aangepas om met slegs een “f” geskryf te word. Dit is sedertdien so behou deur sy nageslag.) Volgens “Afrikaanse kultuuralmanak” […]