Tag Archives: Maroela Media

Aanhaling van die week – 4 Oktober 2021: Prof. Jarries van Jaarsveld

“Ek dink elke taal het sy unieke humorsin. Humorsin is in ’n leefwyse of leefwêreld ingebed, en is op sosiale en interaktiewe reëls en ook gewoontes gebaseer.” Prof. Jarries van Jaarsveld (in “Humor is deel van ons DNS”, Maroela Media, 6 Oktober 2021)

7 Oktober 1885 – Fanie Eloff is gebore

Fanie Eloff was ’n gesiene Suid-Afrikaanse beeldhouer. Hy is in die Transvaal gebore en was ’n kleinseun van Paul en Gezina Kruger. Een van sy bekendste werke is die borsbeeld van Genl. Koos de la Rey wat onlangs by sy graf in Lichtenburg gesteel is. Na opdrag van die FAK is ‘n replika gemaak en […]

Aanhaling van die week – 20 September 2021: Alana Bailey

“Met ’n betrokke, kundige en waaksame gemeenskap wat verantwoordelikheid vir ons erfenis neem, kan dit inderdaad soos die legendariese vuurvoël pragtig en kragtig uit die as herrys. Niemand is té oud, té jonk of té onmagtig om iets by te dra nie.”  Alana Bailey (Uit: “Met gemeenskapsbetrokkenheid kan erfenis ’n feniks wees”, Maroela Media, 23 […]

Vrouemaand: Die ánder vroueoptog na die Uniegebou

Die vroueoptog na die Uniegebou in Pretoria het op 4 Augustus 1915 plaasgevind. Nagenoeg 3 000 vroue het aan dié optog deelgeneem. Suid-Afrikaners vier jaarliks Vrouemaand in Augustus om die prestasies van vroue, en die rol wat hulle in die gemeenskap speel én gespeel het, te gedenk. Hoewel 1956 se vroueoptog na die Uniegebou in […]

Aanhaling van die week – 12 Julie 2021: Pres. Cyril Ramaphosa

“Saam kan ons diegene oorwin wat ons land wil destabiliseer; wat die vordering wat ons gemaak het, ongedaan wil maak. Ons sal as een saamstaan – verenig teen geweld, eensgesind in ons toewyding tot vrede en die wet.” – Pres. Cyril Ramaphosa (BRON: Maroela Media, 12 Julie 2021)