Tag Archives: mombakkes

Woord van die week – 20 April 2020

mombakkies s.nw. Masker in die vorm van ‘n snaakse of skrikwekkende gesig. Gesigsuitdrukking, optrede of houding wat ware emosie verberg. Oorsprong: Nederlands: mombakkes (1649 in bet. 1, 1697 in bet. 2), ‘n samestelling van mom “masker, gemaskerde” en bakkes “gesig”. (Bron: Etimologiewoordeboek van Afrikaans (EWA) en supplement)