Tag Archives: NALN

Befaamde Afrikaanse taalkultuurhistorikus se nuutste werk bekendgestel

Proff. Jaap Steyn en Hennie van Coller tydens die bekendstelling van Verset & opbou. Verset & opbou: Skrywers en politici as aktiviste vir Afrikaans is die jongste boek uit die pen van Suid-Afrika se bekendste taalkultuurhistorikus, prof. J.C. (Jaap) Steyn. Dit is op Taaldag (14 Augustus) deur Kraal Uitgewers in samewerking met die Nasionale Afrikaanse […]

Kraal op NALN se uitgewersmuur verewig

Ilze en Alana by die muur

Ilze en Alana by die muur. Tydens hulle onlangse besoek aan die Nasionale Afrikaanse Letterkundige Museum en Navorsingsentrum (NALN) in Bloemfontein, het Kraal Uitgewers se Alana Bailey (uitvoerende hoof) en Ilze Nieuwoudt (publikasiehoof) die besondere voorreg gehad om NALN se uitgewersmuur namens Kraal te teken! Op die muur kan uitgewers, skrywers, kunstenaars en ander bekende […]

Jongste boek van bekroonde skrywer herbevestig oproep om Afrikaans te beskerm en bevorder

Ter viering van Afrikaanse Taaldag sal die bekroonde Bloemfonteinse skrywer J.C. Steyn se nuutste boek Verset & opbou: Skrywers en politici as aktiviste vir Afrikaans op 14 Augustus vanjaar by NALN bekendgestel word. Afrikaanse Taaldag word jaarliks gevier om die stigting te herdenk van die Genootskap van Regte Afrikaners (GRA) op 14 Augustus 1875 – […]