Tag Archives: Nasionale Biblioteek

18 September 1761 – SA se eerste groot boekversamelaar in Kaapstad oorlede

Suid-Afrika se eerste groot boekversamelaar, die Duitser van geboorte Joachim Nikolaus von Dessin, is vandag 259 jaar gelede, op 18 September 1761, in Kaapstad oorlede. Von Dessin se boekery was in die 18de eeu die grootste versameling aan die Kaap. Hierdie versameling het later tot die oprigting van eerste openbare biblioteek gelei. Hoewel die boeke […]

Die Bybel – in AFRIKAANS!

Die eerste eksemplare van die Afrikaanse Bybel word in Mei 1933 by die Britse en Buitelandse Bybelgenootskap afgelewer, bron: Transvaalse Argiefbewaarplek

Op 26 Augustus 1933, vanjaar 86 jaar gelede, is ’n fees in byna elke uithoek van Suid-Afrika gehou. Die amptelike bekendstelling van die Afrikaanse Bybel is op dié dag gehou, met die hoogtepunt van feesvieringe wat in Bloemfontein plaasgevind het. Nagenoeg 5 000 gaste het die geleentheid in Bloemfontein bygewoon. Die vertaling van die Bybel […]