Tag Archives: Nasionale Vrouemonument

28 November 1916 – Pres. M.T. Steyn sterf

Op 28 November 1916 – vandag 104 jaar gelede – sterf die laaste president van die Oranje-Vrystaat, M.T. Steyn in die ouderdom van 59 jaar. Gedeeltes van Steyn se laaste toespraak wat die oggend van sy dood nog aan kongresgangers van die Oranje-Vrouevereniging in Bloemfontein gelewer is, is in Die Afrikanerrebellie, 1914-1915 ingesluit (en hier […]

27 Oktober 1926 – Emily Hobhouse roudiens gehou

Die sogenaamde “Engel uit die vreemde” – die Britse kampvegter vir die saak van Boerevroue- en kinders in die konsentrasiekampe van die Anglo-Boereoorlog – Emily Hobhouse, is op 8 Junie 1926 in Engeland oorlede. ’n Roudiens is op 27 Oktober daardie jaar vanuit die Tweetoringkerk in Bloemfontein vir haar gehou. Die diens is deur ds. […]

Historiese foto – Nasionale Vrouemonument

Die vrouebeeldegroep aan die voet van die Nasionale Vrouemonument in Bloemfontein. Dit is die toneel wat Emily Hobhouse by die Springfontein-konsentrasiekamp gesien het waar ’n vrou met ’n sterwende kind op haar skoot gesit het en niks kon doen om die kind se lewe te red nie. Die beeldhouer Anton van Wouw het bykans twee […]