Tag Archives: Natal

4 November 1810 – Louis Trichardt trou Martha Bouwer

Op 4 November 1810, vandag 210 jaar gelede, tree die latere Voortrekkerleier Lodewikus Tregart (beter bekend as Louis Tregart oftewel Trichardt) op 27-jarige ouderdom op Graaff-Reinet in die huwelik met Martha Elizabeth Susanna Bouwer wat 12 jaar jonger as hy was. In die inleiding tot sy dagboek, soos gepubliseer in 1938 met inleiding en aantekeninge […]

17 September 1819 – M.W. Pretorius in Graaff-Reinet-distrik gebore

Op 17 September 1819, vandag 201 jaar gelede, is M.W. (Marthinus Wessel) Pretorius, eerste president van die ZAR en seun van die Voortrekkerleier Andries Pretorius, in die Graaff-Reinet-distrik gebore. Hy het as jong man sy ouers op die trek na Natal vergesel en later ook na Transvaal getrek. As die eerste president van die ZAR […]

27 Julie 1863 – Kaalvoetvrou Susanna Catharina Smit sterf

Op 27 Julie 1863, vandag 157 jaar gelede, sterf Susanna Catharina Smit (néé Maritz), eggenote van die geestelike leier van die Voortrekkers Erasmus Smit (sien foto), in die ouderdom van 63 jaar. Susanna het teen haar sin as 13-jarige meisie met Erasmus getrou. Sy was onder meer bekend vir die opvoedkundige rol wat sy tydens […]

3 Junie 1865 – ZAR Uitvoerende Raad verklaar 16 Desember as vakansiedag

Op 3 Junie 1865 besluit die Uitvoerende Raad van die ZAR om 16 Desember voortaan as ’n openbare vakansiedag te vier. Dit het gevolg op ’n besluit wat die vorige jaar by die Algemene Vergadering van die NG Kerke in Natal geneem is, waarin besluit is dat dié dag as ’n kerklike dankdag in die […]