Tag Archives: Nederland

24 Desember 1651 – Jan van Riebeeck vertrek na die Kaap

Vandag 369 jaar gelede, op 24 Desember 1651, vertrek Jan van Riebeeck en sy geselskap uit Texel, Nederland, na die Kaap om namens die VOC ’n halfwegstasie daar te stig. Hulle verlaat Nederland met drie skepe – “Drommedaris”, “Reijger” en “Goede Hoop”. (Kunswerk: ’n Olieverfskildery deur Nils Severin Andersen wat die aankoms van Van Riebeeck […]

30 November 1869 – Teologiese Skool van Gereformeerde Kerk Rustenburg open

Tien jaar ná die stigting van die eerste Gereformeerde Kerk in Rustenburg in 1859, word die Teologiese Skool van dié jong kerkgroep op 30 November 1869 op Burgersdorp geopen. Volgens die webblad van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika het daar in die maande voor 1859 15 broeders in die Rustenburg-omgewing besluit om hulle af te […]

Historiese foto – Nederlandse emigrante na SA

Op 28 Oktober 1950 het nagenoeg 800 Nederlandse emigrante aan boord “De Zuiderkruis” na Suid-Afrika vertrek. Voor hul vertrek het kol. P.I. Hoogenhout, Suid-Afrikaanse ambassadeur in Nederland, in ’n toespraak aan die emigrante verklaar: “Ek weet dat dit nie vir julle maklik is om Nederland te verlaat nie. Die oorbevolking in Nederland skep toenemende probleme. […]

14 Oktober 1888 – Digter A.D. Keet gebore

Die Afrikaanse digter A.D. Keet (broer van die Bybelvertaler B.B. Keet) is op 14 Oktober 1888, op Alice in die Oos-Kaap gebore. Sy bekendste gedig, Muskiete-jag, het hy in sy losieshuiskamer in Nederland geskryf toe ’n groot muskiet hom lastig geval het. Nadat hy die muskiet doodgemaak het, het hy na bewering die reëls van […]

30 September 1901 – Cornelis Broeksma deur Britse vuurpeloton tereggestel

Op 30 September 1901 is die 38-jarige Nederlandse staatsaanklaer van Johannesburg, adv. Cornelis Broeksma, in die openbaar deur ’n Britse vuurpeloton in dié stad tereggestel. Broeksma het ernstige kritiek op die omstandighede in die plaaslike konsentrasiekamp, wat hy dikwels besoek het, gelewer en daaroor geskryf in verskeie verslae. Sekere van sy kommentare is ook waarskynlik […]