Tag Archives: Nederlands

Die Taaltrommel 27 September 2021: Verskille tussen Afrikaans en Nederlands

Ontdek wonderlike taalskatte soos vreemde uitdrukkings, ongewone woorde, moeilike uitspraak, verwarrende woorde, tongbrekerrympies of kopkrap-terminologie. Hoewel Nederlandse en Afrikaanse woordeskat met ongeveer 70% ooreenstem, is daar ook baie verskille tussen hierdie twee tale. Hier is ’n paar voorbeelde: Nederlands                              Afrikaans knuffel                              […]

Aanhaling van die week – 27 September 2021: Dorothea van Zyl

“Lank voordat die uitdrukking ‘valse vriende’ gebruik is om woorde in Nederlands en Afrikaans te beskryf wat dieselfde lyk, maar wat mettertyd volkome verskillende betekenisse gekry het, het Suid-Afrikaners én Nederlanders al ervaar hoe sommige skynbaar onskuldige woorde kan lei tot verleentheid, vermaak of verwarring in mekaar se lande, om van misverstande nie eens te […]

Aanhaling van die week – 8 Februarie 2021: Weerbare Weemoed

Die sterwende minnaars is die beste minnaars. Nog één keer verfris hulle hul met dou uit die hemel, ligte floutes, ou kalwerliefdes, nog één keer seep hulle mekaar se rûe in met trane van ’n bloedarmoedige kind. Uit: “Die sterwende minnaars”, in Weerbare weemoed deur Luuk Gruwez, in Afrikaans vertaal deur Hennie van Coller. Hierdie […]

11 Januarie 1887 – F.W. Reitz verkies as vyfde OVS president

Op 11 Januarie 1887, vandag 134 jaar gelede, is F.W. Reitz verkies as die vyfde president van die Oranje-Vrystaat. Volgens ’n studie deur S.M. Botes oor die Vrystaatse hoofstad gedurende die Reitz-tydperk (1887-1895), het Bloemfontein gedurende Reitz se tyd as president vinnig ontwikkel. “Teen die einde van die Reitz-tydperk was Bloemfontein ’n vooruitstrewende dorp met […]

Spreekwoord van die week – 9 November 2020: Skouer aan/teen die wiel sit

Skouer aan/teen die wiel sit. Alle kragte inspan; hard werk. (’n Afrikaanse wysiging van die Nederlandse de hand aan het wiel leggen; waarskynlik is die beeld versterk gedagtig aan die Voortrekkers wat letterlik skouer aan die wiel moes sit om deur moeilike driwwe en oor hoë bulte te kom.) (Bron: Spreekwoorde en waar hulle vandaan […]